Rigters 2:7-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En die volk het die Here gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die Here gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.

8. Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud;

9. en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.

Rigters 2