Rigters 2:14-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.

15. Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die Here teen hulle ten kwade, soos die Here gespreek en soos die Here vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,

16. verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.

Rigters 2