Rigters 19:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in dié dae was daar geen koning in Israel nie. En ’n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van Efraim; en hy het vir hom ’n vrou, ’n byvrou, geneem uit Betlehem-Juda.

2. Maar sy byvrou het by hom gehoereer en van hom weggegaan na haar vader se huis, na Betlehem-Juda; en sy was daar vier maande lank.

3. Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met ’n paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet.

4. En sy skoonvader, die vader van die jong vrou, het hom teruggehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en gedrink en die nag daar oorgebly.

5. Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met ’n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan.

Rigters 19