Rigters 17:2-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Dié het aan sy moeder gesê: Die elfhonderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u ’n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het — hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die Here, my seun!

3. En hy het aan sy moeder die elfhonderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die Here; uit my hand is dit vir my seun om ’n gesnede en ’n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.

4. Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder tweehonderd sikkels silwer en gee dit aan ’n goudsmid; en hy het daar ’n gesnede en ’n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.

5. Die man Miga het naamlik ’n godshuis gehad, en hy het ’n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.

Rigters 17