5. En Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan — dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy ’n Efraimiet? As hy sê: Nee,
6. dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee-en-veertigduisend man geval.
7. En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van Gílead.
8. EN ná hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.
9. En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.
10. En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.