1. EN ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, ’n man uit Íssaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
2. En hy het Israel drie-en-twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
3. En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee-en-twintig jaar lank gerig.