Psalms 95:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.

6. Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.

7. Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!

8. Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;

9. waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

Psalms 95