10. So is die Here dan ’n rotsvesting vir die verdrukte, ’n rotsvesting in tye van benoudheid.
11. En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!
12. Psalmsing tot eer van die Here wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
13. Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
14. Wees my genadig, Here, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
15. sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
16. Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.
17. Die Here het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajōn. Sela.
18. Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.