13. Die noorde en die suide — Ú het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.
14. U het ’n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.
15. Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.
16. Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o Here, hulle wandel in die lig van u aangesig.
17. In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.
18. Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.
19. Want aan die Here behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel.
20. Toe het U in ’n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan ’n held, ’n uitverkorene uit die volk verhef.