Psalms 89:11-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Ú het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.

12. Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid — Ú het dit gegrond.

13. Die noorde en die suide — Ú het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.

14. U het ’n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.

Psalms 89