Psalms 84:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.

7. As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit ’n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.

8. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.

9. Here, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela.

10. o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.

11. Want ’n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.

Psalms 84