Psalms 83:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.

4. Teen u volk smee hulle listig ’n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.

5. Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.

6. Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle ’n verbond:

Psalms 83