1. VIR die musiekleier; op die Gittiet. ’n Psalm van Asaf.
2. Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!
3. Hef aan ’n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.
4. Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.
5. Want dit is ’n insetting vir Israel, ’n verordening van die God van Jakob.
6. Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. ’n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor: