Psalms 79:3-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Hulle het húlle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe.

4. Ons het vir ons bure ’n smaad geword, ’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

5. Hoe lank, Here, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos ’n vuur?

6. Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie.

7. Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes.

Psalms 79