Psalms 73:18-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.

19. Hoe word hulle in ’n oomblik ’n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!

20. Soos ’n droom nadat ’n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!

21. Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,

22. toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ’n dier by U.

Psalms 73