16. Ek sal kom met die magtige dade van die Here Here; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen.
17. o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.
18. En ook tot die ouderdom en die grysheid toe — o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.
19. Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?
20. U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.
21. Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.
22. So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!