Psalms 65:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. ’n Lied.

2. Aan U kom ’n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.

3. o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!

4. Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.

5. Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.

Psalms 65