4. wat hulle tong skerp maak soos ’n swaard, hulle pyl rig — bitter woorde! —
5. om in skuilplekke na die opregte te skiet; skielik skiet hulle hom en vrees nie.
6. ’n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?
7. Hulle versin ongeregtighede: Ons is gereed! ’n Fyn uitgedinkte plan! Ja, ’n man se binneste en onpeilbare hart!
8. Maar God tref hulle met ’n pyl, skielik is hulle wonde daar.
9. En hulle tong laat hulle oor hulself struikel; almal wat hulle aansien, skud die hoof.