Psalms 60:3-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!

4. U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!

5. U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.

6. U het aan die wat u vrees, ’n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.

7. Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!

Psalms 60