Psalms 42:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Onderwysing van die kinders van Korag.

2. Soos ’n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!

3. My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?

4. My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?

Psalms 42