Psalms 40:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.

6. Groot dinge het U gedoen, Here my God — u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.

7. U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.

8. Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe.

9. Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.

10. Ek het ’n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. Here, U weet dit.

11. U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.

Psalms 40