Psalms 32:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid; ’n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.

2. Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.

3. Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;

4. want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.

5. My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

Psalms 32