Psalms 31:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

5. U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.

6. In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, Here, God van trou.

7. Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die Here.

8. Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

9. en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.

Psalms 31