13. Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.
14. Samek. Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
15. Ajin. My oë is altyddeur op die Here, want Hý sal my voete uit die net uitlei.
16. Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.
17. Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.