Psalms 24:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.

3. Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek?

4. Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

5. Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.

6. Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek — dit is Jakob. Sela.

Psalms 24