Psalms 20:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!

6. Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die Here al u begeertes vervul!

7. Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.

8. Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God.

9. Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.

10. Here, verlos die koning! Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!

Psalms 20