4. daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.
5. Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ’n tent gemaak;
6. en dié is soos ’n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ’n held om die pad te loop.
7. Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.