Psalms 18:38-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

38. Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

39. Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.

40. En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.

41. En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.

42. Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie — tot die Here, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43. Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.

Psalms 18