Psalms 15:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n PSALM van Dawid. Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?

2. Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;

3. wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;

4. in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;

Psalms 15