1. LOOF die Here, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ’n loflied is gepas!
2. Die Here bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.
3. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
4. Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.
5. Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.