Psalms 145:8-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Get. Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

9. Tet. Die Here is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.

10. Jod. Al u werke loof U, o Here, en u gunsgenote prys U.

11. Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,

12. Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.

13. Mem. U koninkryk is ’n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.

Psalms 145