7. Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.
8. Get. Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
9. Tet. Die Here is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.
10. Jod. Al u werke loof U, o Here, en u gunsgenote prys U.
11. Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,
12. Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.
13. Mem. U koninkryk is ’n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.
14. Samek. Die Here ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.