Psalms 143:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.

3. Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.

4. En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.

5. Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink ná oor die werk van u hande.

6. Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos ’n uitgedorde land. Sela.

Psalms 143