Psalms 142:5-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.

6. Ek roep U aan, o Here! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.

7. Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.

8. Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.

Psalms 142