Psalms 142:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n ONDERWYSING van Dawid, toe hy in die spelonk was. ’n Gebed.

2. Hardop roep ek die Here aan, hardop smeek ek die Here.

3. Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.

4. As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ’n vangnet vir my gespan.

Psalms 142