1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.
2. Die Here het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
3. Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
4. Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die Here nie aan nie.
5. Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.