Psalms 139:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. Here, U deurgrond en ken my.

2. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

3. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

4. Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, Here, U ken dit geheel en al.

Psalms 139