1. LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
2. Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
3. Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid —
4. Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.