7. Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
8. wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;
9. wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;
10. wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
11. Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän,