Psalms 135:15-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Die afgode van die heidene is silwer en goud, ’n werk van mensehande.

16. Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

17. ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.

18. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

19. Huis van Israel, loof die Here! Huis van Aäron, loof die Here!

Psalms 135