Psalms 135:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HALLELUJA! Prys die Naam van die Here! Prys, o knegte van die Here,

2. wat staan in die huis van die Here, in die voorhowe van die huis van onse God!

3. Loof die Here, want die Here is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!

4. Want die Here het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.

Psalms 135