4. Aanskou tog, verhoor my, Here, my God! Verlig my oë, sodat ek nie in die dood inslaap nie;
5. sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.
6. Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.