1. ’n BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.
2. Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres — so is ons oë op die Here onse God, totdat Hy ons genadig is.