2. Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
3. Jerusalem wat gebou is soos ’n stad wat goed saamgevoeg is,
4. waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here — ’n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die Here te loof.
5. Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
6. Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
7. Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!