Psalms 119:59-62 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

59. Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.

60. Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.

61. Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.

62. Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.

Psalms 119