Psalms 119:156-162 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

156. Here, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.

157. My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.

158. Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.

159. Aanskou dat ek u bevele liefhet; o Here, maak my lewend na u goedertierenheid.

160. Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

161. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.

162. Ek is vrolik oor u belofte soos een wat ’n groot buit vind.

Psalms 119