Psalms 119:106-110 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

106. Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.

107. Ek is baie diep neergedruk; Here, maak my lewend na u woord!

108. Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o Here, en leer my u verordeninge.

109. My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.

110. Die goddelose het vir my ’n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.

Psalms 119