1. HALLELUJA! Alef. Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, Bet. wat ’n groot welbehae in sy gebooie het.
2. Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word.
3. He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.