Psalms 107:33-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. Hy het riviere ’n woestyn gemaak en waterfonteine ’n dorsland,

34. vrugbare land ’n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.

35. Hy het die woestyn ’n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;

36. en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het ’n stad gestig om in te woon.

37. En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.

38. En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.

39. Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer —

Psalms 107