Psalms 106:11-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.

12. Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.

13. Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.

14. En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.

Psalms 106